Oliver Sacks

Oliver Sacks
Sacks in 2009.
Gebore
Oliver Wolf Sacks

(1933-07-09)9 Julie 1933
Willesden, Londen, Brittanje[1]
Sterf30 Augustus 2015 (op 82)
BeroepNeuroloog, skrywer
Handtekening

Oliver Wolf Sacks, CBE (9 Julie 193330 Augustus 2015) was ’n Britse neuroloog en skrywer.[2][3][4] Hy was ’n professor in neurologie aan die New York University School of Medicine. Tussen 2007 en 2012 was hy professor van neurologie en psigiatrie aan die Columbia-universiteit in New York, waar hy ook die pos van "Columbia Artist" beklee het, wat sy bydraes tot kuns en wetenskap erken het.

Sacks was die skrywer van verskeie trefferboeke,[5] onder meer verskeie gevallestudies van pasiënte met neurologiese afwykings. Sy 1973-boek Awakenings, ’n outobiografiese vertelling van sy poging om mense met slaapsiekte te help om hul neurologiese funksies te herwin, is aangepas vir die Hollywoodse Oscar-benoemde rolprent van 1990 met dieselfde naam. Robin Williams en Robert de Niro het daarin gespeel.

In 2008 het hy die CBE gekry vir sy diens aan letterkunde.[4]

  1. http://search.findmypast.co.uk/results/world-records/england-and-wales-births-1837-2006?firstname=oliver%20w&lastname=sacks
  2. Anthony, Andrew Oliver Sacks: The visionary who can't recognise faces The Guardian, 17 Oktober 2010
  3. Brown, Andrew (5 Maart 2005). "Oliver Sacks Profile: Seeing double". The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Februarie 2020. Besoek op 10 Augustus 2008.
  4. 4,0 4,1 "Oliver Sacks dies in New York aged 82". BBC. URL besoek op 30 Augustus 2015
  5. "Borzoi Reader | Authors | Oliver Sacks". About the Author. Random House. Besoek op 5 Maart 2009.

Developed by StudentB